Eensame wolf (terrorisme)

'n Eensame wolf, eensame wolf-terroris of alleen akteur terroris, is iemand wat gewelddadige dade voorberei en uitvoer, sonder enige opdragstruktuur en sonder wesenlike hulp van enige groep. Hy of sy kan beïnvloed word of gemotiveer word deur die ideologie en oortuigings van 'n eksterne groep en mag ter ondersteuning van so 'n groep optree. In sy oorspronklike sin is 'n "eensame wolf" 'n dier of mens wat gewoonlik alleen woon of tyd alleen spandeer, in plaas van met 'n groep.[1]

Waarnemers stel dat die tipe aanvalle relatief skaars soort terreuraanval is, maar dit neem toe[2] en dit is soms moeilik om te sê of 'n akteur buite hulp ontvang het en dit wat blykbaar 'n eensame wolfaanval is, dalk eintlik versigtig georkestreer was van buite.[3][4]

  1. "Lone wolf - Define Lone wolf at Dictionary.com". Dictionary.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2015. Besoek op 14 April 2015.
  2. "Lone Wolf Attacks Are Becoming More Common -- And More Deadly". FRONTLINE (in Engels (VSA)). 14 Julie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2018. Besoek op 4 Februarie 2017.
  3. Callimachi, Rukmini (4 Februarie 2017). "Not 'Lone Wolves' After All: How ISIS Guides World's Terror Plots From Afar". The New York Times (in Engels). ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2020. Besoek op 4 Februarie 2017.
  4. Gartenstein-Ross, Daveed; Barr, Nathaniel (26 Julie 2016). "The Myth of Lone-Wolf Terrorism". Foreign Affairs. Besoek op 4 Februarie 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search